Deur te hou by my eie planne, beginsels en passies. En die wete dat nie elke comment met ’n antwoord ge-entertain hoef te word nie. Ek onthou altyd hoekom ek dansvideo’s maak, dis vir inspirasie en nie vir die likes nie. Ek probeer hou by my lys van prioriteite en somtyds behels dit ’n breek van sosiale media-video’s . . . ’n mens benodig ook ’n bietjie ek-tyd.
Moenie so deur die sosiale media ingesluk word dat jy jou eie doelwitte, passies en nederigheid verloor nie. Gebruik eerder jou sterk punte . . . jou enigste kompetisie is jyself. Wees net jouself. En die belangrikste van als: Geniet wat jy doen.
Wanneer ek ’n moeilike dag het, herinner ek myself aan wie ek is en waarvandaan ek kom. Deur God se genade kan ek die beste wees vir myself en vir die mense wat ek liefhet.