Met trane in sy oë het hartebreker, Francois Jacobs, op die gewilde kykNET-program Op my eish!, vir Juane Bekker (26) radiografis van Roodepoort in Johannesburg, huis toe gestuur in hierdie week se episode van die realiteitsreeks.
“Juane is ’n amazing mens. . . Dit was ’n bittersoet dag,” het Francois gesê ná hy haar hart aan skerwe laat spat het. En talle kykers regoor die land stem met hom saam.
“Elke storie het ’n begin, en elke storie het ’n einde en van hier af gaan my storie net fantasties wees. Ek weet wat vir my wag, is amazing, en daaroor twyfel ek glad nie,” het sy met ’n dapper glimlag aan die einde van haar Op my eish!-reis gesê.