Een van die gunsteling-deelnemers van dié kykNET-maatsoekprogram is Leyla van Greuning (23), ’n digitale bemarker en model van Johannesburg.
Francois het al self erken hy begin al hoe meer van haar hou. “As ek so diep in haar oë kyk, dan vergeet ek van al die probleme in die lewe,” het hy gesê.
Nie net is sy die tipiese girl next door met ’n sprankelende persoonlikheid en ’n glimlag wat harte verower nie, maar haar chemistry met Francois is ooglopend.