‘Plaasjapie’-skok! Een van die sterkste spelers huis toe: Dís die top-10

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
kykNET se werklikheidsreeks ‘Plaasjapie’ se aanhangers het hierdie week amper van hul stoele afgeval van skok toe een van die sterkste spelers uitgestem word.
Roché moes hierdie week sy tasse pak en terugkeer
Roché moes hierdie week sy tasse pak en terugkeer na die stad. Foto: Verskaf.

Roché Kilian (30), ’n aanlyn persoonlike afrigter en model van Kaapstad, erken dit was ’n groot skok om sy naam te hoor met die stemmery. “Ek het regtig gedink Esteban gaan huis toe.” 

Esteban was Roché se groot vriend op die plaas en die twee was ’n gedugte span. Die ander spanlede het die twee “Esteché” genoem.

“Ek het myself belowe ek gaan verder gaan in die game en seker maak ek wen sodat ek die prysgeld met hom kon deel, want ek het geglo dat dit baie onregverdig was vir hom om so uit te gaan, maar tot my skok word ons geroep en hy sit nog daar wat my baie bly gemaak het, maar toe is dit ek wat huis toe gaan.” 

Roché Kilian is een van die deelnemers aan die eer
Roché Kilian is een van die deelnemers aan die eerste seisoen van ‘Plaasjapie’. Foto: kykNET.

Aanvanklik was Roché nie deel van die 18 Plaasjapie-deelnemers nie. “Ek was speler nommer 19. As iemand sou onttrek, kon ek hul plek vat.” 

Drie dae voor Plaasjapie se verfilming begin het, het die vervaardigers hom gebel. “Hulle het gesê ‘Roché, hoe vinnig kan jy Kaap toe vlieg?’” 

Gelukkig was hy reeds in die Kaap. “Hulle sê toe hulle kom haal my die volgende dag, want iemand het onttrek. Dit was die beste en die slegste dag van my lewe. Hierdie mag dalk ook as ’n skok kom, maar ek en my meisie het opgebreek daardie dag en ek moes al daardie emosies inhou terwyl ons geskiet het. Ek kon nie eers met Esteban daaroor gesels nie, want ek wou nie hê enigiemand moes dit as ’n swakheid sien nie.” 

Elke dag op die plaas was vir Roché ’n geleentheid
Elke dag op die plaas was vir Roché ’n geleentheid om as mens te groei. Foto: Verskaf.

Met sy gebroke hart het Roché maar saans na die sterre gekyk en alleen deur sy hartseer gewerk. “Toe ek uitgestem is het al daardie emosies weer opgekom en ek het gewonder of ek ooit weer iemand kan vertrou,” erken hy.

“Maar alles is nou in die haak en ek is ongelooflik gelukkig en op die beste plek ooit, op my mission en purpose en ek kan nie wag vir wat voorlê nie!” 

Roché vertel hy het sy laaste aand op die plaas vir Suzette H, wat in sy eie span, Noubees is, gestem.

“Ons het nie kans gehad om te besluit wie om uit te stem nie, so ek het gehou by ons oorspronklike stem, wat Suzette was. Ek was bang as ons vir die ander span stem en niemand weet presies wie nie, dan sou ons die stemme opdeel tussen die rooi span en dalk twee stemme elk kry en hulle (Soetmelksvlei) sou dalk saam staan en vier stemme vir een persoon gee en veilig wees,” verduidelik hy. 

Vet pret met boeresport op die plaas.
Vet pret met boeresport op die plaas. Foto: Verskaf.
Die Noubees span.
Die Noubees span. Foto: Verskaf.

Sedert die begin van die speletjie, was sy plan om deel te word van die span en in almal se goeie boekies te kom sonder om op tone te trap.

“Ek weet daar is altyd iemand wat van jou hou en nie van jou hou nie – dis deel van die lewe. Maar, ek het geweet as ek my beste doen en opreg en oop is met almal, sal hulle sien dat ek net soos hulle is en nie net na my uiterlike kyk en dadelik dink ‘hy is ’n sterk speler, kom ons raak ontslae van hom nie’.” 

Hy wou baie graag goeie verhoudings vorm en hy het, veral met Esteban. “Maar almal in my span is ongelooflike mense en, in hul eie manier, het hulle baie mooi stories. Die lewe is taai vir almal van ons.” 

Wat hy die meeste op die plaas gemis het, was sy b
Wat hy die meeste op die plaas gemis het, was sy bed en sy komberse. Foto: Verskaf.

As Roché nou terugkyk oor sy tyd op die plaas, is daar niks wat hy sou verander nie. “Ek was net myself regdeur. Ek kon nie help dat ek alles wou gee vir my span om te wen nie. Ek kon nie help dat ek en Esteban goeie vriende op die plaas geword het nie, ek kon nie help dat mense my dalk wou uitstem omdat hulle gevoel het ek dalk nie my sout werd was nie. Alles het gebeur soos dit moes, en ek is dankbaar vir die dae op die plaas wat ek gehad het.” 

Roché, wat baie oorsee gewerk het, het aanvanklik ingeskryf vir Plaasjapie om sy plek in Suid-Afrika te vestig. “Ek het vir vyf jaar lank gereis agter ’n droom aan wat ek geglo het buite die land was, maar besef nou ons het alles en meer hier. Ek wou vir mense wys ’n seun van ’n klein dorpie, met ’n groot droom, kan dit maak in hierdie wye wêreld.” 

Hoewel Roché nie as die Plaasjapie-wenner weggestap het nie, voel hy hy het sy doel bereik. “Ek het alles op die tafel gelos en die res was in die Here se hande. Hy het my baie geseën in die program én buite die program met geleenthede wat ek nooit, ooit aan sou kon dink nie.” 

Roché en sy groot vriend op die plaas, Esteban.
Roché en sy groot vriend op die plaas, Esteban. Foto: Verskaf.

Esteban en Dian staan vir Roché die grootste kans om te wen. “Ek sal natuurlik wil hê Esteban moet die prysgeld wen, maar ek dink Dian is ongelooflik oopkop met hierdie speletjie en hy sal verseker ver kom en dalk wen.” 

Almal verdien volgens hom egter om die R1 miljoen-prysgeld te wen. “Die stories by die vuur, waar almal hul lewens met mekaar gedeel het, het my laat besef dat ek nie die enigste een is wat sal kon doen met ’n miljoen nie. Maar om een naam te kies, sou ek sê, die yster, Bean. Hy is ’n ongelooflike hardwerkende man wat net nie stil sit nie. Ek weet hy sal die geld gebruik om sy glas vol te maak en sodra dit oorloop, sal hy met die wêreld alles deel en teruggee.” 

Die plaasjapies het hul stories saans om die vuur
Die plaasjapies het hul stories saans om die vuur gedeel. Foto: Verskaf.
Die deelnemers hoor hulle mag vir enigiemand stem.
Die deelnemers hoor hulle mag vir enigiemand stem. Foto: Verskaf.

Snaaks genoeg was Roché se beste herinnering van die plaas, om die afval te eet. “Soos ek elke happie gevat en gesien het hoe Marius en Jurie ook happe vat, het ek heeltyd in my kop herhaal ‘hulle is net ’n mens soos jy. Jy kán dit doen, Roché. Jy kán!’ Só het ek weereens vir myself, en hopelik vir die kykers bewys as jy jou mind op iets sit en dit regtig soek, kan niks jou keer nie.” 

Wat hy die meeste op die plaas gemis het, was sy bed en sy komberse. “Ek is glad nie iemand wat koue kan hanteer nie. Ek sal eerder 10 varkore eet as om koud te gaan slaap, of eerder, koud wakker te bly, want jy kan glad nie só slaap nie.” 

Roché groet die ander plaasjapies.
Roché groet die ander plaasjapies. Foto: Verskaf.

Nadat Roché sy sakke gepak en op pad terug stad toe was, het hy sy foon aangesit en ’n vriend gevra of hy wil gaan gym. “Dit is die een plek waar ek my kop kon skoon kry ná wat gebeur het op die plaas.” 

Al het hy nooit die kans gehad om sy span se kaptein te wees nie, het Roché geleer jy kan goed lei deur ’n voorbeeld te wees. “Leierskap was nog nooit iets wat ek sou tick as iets waarin ek goed is nie, maar ek het geleer dat dit meer as ’n stokkie met groen op vat om te lei.” 

Elke dag op die plaas was vir Roché ’n geleentheid om as mens te groei. “Dit het nie makliker geword nie. Saans as ek gaan stort het, het ek opgekyk na die sterre en die melkweg en besef hoe klein ons werklik is, en dat daar ’n groter doel en rede vir ons op aarde is.” 

Die wete het hom laat besef hy stap die regte pad om mense te help deur die werk wat hy doen. “Ek gaan nie stop tot ek my laaste asem uitblaas nie!” 

‘Plaasjapie’ se Top 10 deelnemers.
‘Plaasjapie’ se Top 10 deelnemers. Foto: Verskaf.
‘Plaasjapie’ se Top 10
  1. Esteban
  2. Suzette I
  3. Billy
  4. Stefan
  5. Arthur
  6. Bean
  7. Dian
  8. Leo-Nene
  9. Suzette H
  10. Cecil 


JONGSTE UITGAWE

September/Oktober-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees