Dit was wel nie liefde met die eerste oogopslag nie, sê Miné, ’n apteker van Postmasburg in die Noord-Kaap.
Sy het die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk in 2016 by ’n Nuwejaarsbraai op Hermanus ontmoet, maar eers met nuwe oë na hom begin kyk toe sy hom ’n jaar later saamnooi na ’n vriendin se troue.
En op 1 Oktober het die paartjie stylvol op die pragtige La Paris-landgoed op Franschhoek afgehaak.