“Dit was alles wat ons gedroom het vir ons spesiale dag!” vertel Tamsyn opgewonde aan SARIE.com.
Om ’n troue te beplan is nie perdekoop nie. “Dit kan baie oorweldigend wees en soms voel dit asof jy in verskillende rigtings getrek word, met mense wat vir jou sê wat jy moet en nie moet doen nie op jou spesiale dag.”
Sy voel dit is baie maklik om ingesuig te word in die beplanning as jy ander mense tevrede wil stel. “Baiekeer kan dit selfs probleme in jou verhouding veroorsaak – die details en drama – dat jy vergeet dit gaan eintlik oor mekaar.”