“Dit is ’n baie lekker tydperk, want almal is saam met ’n mens opgewonde,” vertel Efraine, wat op 20 Mei vanjaar by Old Tannery in Wellington die knoop gaan deurhaak.
“Ek moet sê, ek is baie opgewonde,” voeg sy by.
Om na haar troue uit te sien, het Dinsdag opnuut vlamgevat toe sy en haar familie en vriende in die Paarl die komende groot dag met ’n kombuistee gevier het. En dié spesiale geleentheid het sommer ’n paar hoogtepunte gehad.