2015 was vreesaanjaend. Ek was in en uit die hospitaal met bronchitis en niemand kon sê wat fout is nie. Ek’t hoop verloor. Ek het uitasem geraak selfs net as ek ’n vier- of agtmaatfrase sing – iets wat ek normaalweg in een asem doen.
Toe ek inmekaarsak, het ek geweet dis nie bronchitis nie. Ek is gediagnoseer met endotrageale tuberkulose, vier sentimeter onder my stembande.
Ná ’n ses maande lange antibiotika-kursus, wat my baie siek laat voel het, het ek herstel met minimale letsels. Maar ek was neerslagtig.