Sy het baie rolle – ma, dekaan, eggenote, entrepreneur en aktrise, en sy het lankal aanvaar dat balans nie altyd moontlik is nie. Vervulling is veel belangriker.
Tog, daar is ’n emosionele volwassenheid wat net met selfinsig en die hantering van nuwe eise verwerf word. Die lewensrypheid wat kom as jy in ’n leiersposisie op soveel verskillende vlakke staan en saans soms kan inkruip met die gevoel dit was ’n vervullende dag vol harmonie.
Sy erken met ’n glimlag dat sy lankal nie meer na balans soek nie en dit eerder vervang het met ’n soeke na vervuldheid.