Kykers het teen hierdie tyd al definitiewe en sterk opinies gevorm oor die “huisvrouens”, maar die vraag bly staan – is die mense wat ons op die kassie sien, wie hulle werklik by die huis is? En kan jy iemand oordeel as jy nie ’n myl in hul hoëhakskoene geloop het nie?
Melany Viljoen is een van die deelnemers wat baie kommentaar op sosiale media en berigte in die media uitlok. Sy is beslis nie iemand wat terugstaan nie, wat baie kykers warm onder die kraag het.
SARIE.com het gaan uitvind wie Mel eintlik is, wat haar inspireer en hoe sy die lewe sien.