‘Huisvrou’ Renske Lammerding het van die begin af ’n rustige, saggeaarde beeld uitgestraal – iemand wat konflik probeer vermy en ander wil help.
In vandeesweek se episode van die gewilde program, ontstel sy egter vir Mel Viljoen so erg in Zanzibar dat die vonke behoorlik spat.
“Die bom het gebars met ’n opmerking wat ek gemaak het om die spanning in ’n ongemaklike situasie te breek,” verduidelik Renske. “Dit het my heeltemal onkant gevang en dit het vir my soos ure gevoel van net vure doodslaan!”