Spreker, skrywer en sakevrou. Tans is sy besig met haar meestersgraad infilosofie en lewensafrigting én sy het ’nsplinternuwe aanlyn kursus, Rediscover Your Self-Confidence, begin om vroue tehelp om hul selfvertroue te bou en huldrome vreesloos na te jaag.
Ag, verskriklik baie. Ek dink ek het twee harte, want al twee is my hart se punt. Ek is dolverlief op hulle en hulle is so goed vir my siel. Ek dink ’n deel van my selfvertroue-reis is juis my twee seuntjies wat lief is vir my net soos ek is. Ek is hul alles en hulle is my alles.
Ja, dis ’n lekker nuwe uitdaging. Ek en my man is getroud in 2016, die jaar waarin ek my kroon oorhandig het, en ons het hierdie plan gehad. Dat ek my doktersgraad gaan klaarmaak, Kaap toe gaan trek en my internskap en gemeenskapsdiens daar doen. Drie maande nadat ons getroud is, vind ek uit ek is twee maande swanger. Dit het alles verander. Ek moes kies tussen medies en om in hierdie spesiale tyd weg te wees van my man en kind. Dis toe dat ek medies opsy geskuif het. Maar die deel van my wat so graag mense wil help en genees was steeds daar. Dis hoekom ek nou my meestersgraad fokus op vroue wat sukkel met selfvertoue.