“Ek het dadelik vir die agent gevra waar ek kan teken. Ek kon byna oor die hele Johannesburg uitkyk!”
Tydens die inperking in 2020 het die res van die land in sy uitsig begin deel. Derrich het sy foto’s op sosiale media gelaai en dit het soos ’n veldbrand versprei. “Ek neem al jare foto’s van die uitsig, dit lyk nie een dag dieselfde nie.
Die reaksie het my verbaas – as ek die dag nie ’n foto gelaai het nie, sou mense vra wanneer hulle een kan verwag!”