“Dit gaan ongelooflik goed met my,” vertel hy met ’n breë glimlag. “Ek is ’n gesonde babadogter ryker en my liedjies speel die hele land vol, waarvoor ek baie dankbaar is.”
Sy dogter, Novah Boucher, is amper 10 maande oud. “Haar naam beteken ‘aanskou die asem van God’.”
Juan vertel om pa te wees van sy klein dogtertjie, het sy lewe verander.