Binnekort stel hy sy nuutste enkelsnit, CocoPops en kaas vry en is druk besig om aan die tweede hoofstuk van sy loopbaan te werk, soos hy dit noem.
“Ek is tans besig met die skryf en opneem van ’n paar ander nuwe liedjies ook, wat ek beoog om in die nabye toekoms vry te stel,” verklap die donkerkop-sanger. “Behalwe daarvoor is ek ook besig om my dagboek vol te kry vir die res van die jaar se vertonings en opnames van video’s vir die nuwe musiek.”
Nicholis vertel hy het deesdae ’n nuwe idee wat in sy kop rondmaal. “Een van die aspekte of komponente van ware wysheid is om elke dag van voor af te besef hoe min jy regtig eintlik weet. Dit leer ek elke dag van myself,” meen hy.