“Maar dis oukei, want jy’s die een waarmee ek die res van my lewe wil deel,” sing die blondekop-ster Bernice West.
En hoeveel te meer is dié lirieke uit haar trefferliedjie “Die hart” nie nou van toepassing nie, veral sedert haar kêrel, Jannes Erasmus, haar onlangs die ja-woord gevra het.
“Die ervaring was regtig amazing gewees. Dit was ’n baie mooi oomblik gewees, veral met die strand en die sonsondergang agter ons,” vertel Bernice opgewonde aan SARIE.com.