Corlea, wat al sing vandat sy drie jaar oud is, vertel sy het tydens die inperking begin om sanglesse aanlyn aan te bied. Hoewel sy sedertdien afgeskaal het, werk sy steeds saam met individuele kunstenaars wat besig is om hul debuutalbums op te neem.
“Ek doen ook ’n hele paar projekte vir die Curro-groep. Dit behels alles van kompetisies beoordeel tot van die wenners mentor en deel wees van konserte. Dit is baie opwindend en ek geniet dit so baie. Daar is soveel talent in die land en dit inspireer my.”
Corlea toer ook steeds die land plat met haar eie konserte, korporatiewe en privaat funksies.