Dit is presies wat gebeur het toe die nuus op die lappe kom van ’n moord op twee tienermeisies van die Noordwes. Die klein boeredorpie van Stella het een oggend wakker geword met die hartseer nuus van die twee boesemvriende Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) wat oorlede is.
Die twee is dood aangetref in die plaaslike skoolkoshuis. Dit het aanvanklik gelyk of beide hul eie lewe geneem het, maar teen sonsderondergang vind ’n skokwending plaas wat die gemeenskap, en die land, onherroeplik sou affekteer.
Die dokumentêr, Stella Murders, oor die gebeure wat gevolg het, is tans te siene op Showmax. Dit is ’n grusame, hartroerende vertelling van wat moontlik gebeur het, en ook hoe dit die mense betrokke, vir ewig verander het.