Meer onlangs is sy te siene as die sexy Springbok-paaldanser, Shakira Haasbroek in Poena, waar sy blitsvinnig Poena se oog en liefde gevang het.
Danielle vertel die lewe gaan deesdae lekker mal. “Maar op die beste manier! Enigiemand wie my ken sal weet ek is ’n workaholic, so as ek besig is, is ek op my gelukkigste.”
Sy is tans ’n regisseur by M-Net en kykNET & Kie se oorklankingsdepartement. “Ons werk tans aan twee reekse en ek speel self ’n groot rol in Kind van die Noodlot.”