Goeie nuus! Andriëtte stel die 18de November haar eerste enkelsnit van die jaar bekend! Die lied se naam is “Sonder liefde” .
Andriëtte vertel dit gaan deesdae besonder goed met haar. “Ek is ’n mamma van drie seuns en ek is mal daaroor!”
Hoewel daar baie uitdagende tye die afgelope paar jaar was, bly Andriëtte positief. “Dis so lekker dat, hoe ouer jy word, hoe beter face jy alles. Ek het geleer dis belangrik om nie so hard op jouself te wees nie, want die lewe is nog lank. Vergewe jouself vinniger.”