book-icon Uitgawe SARIE KOS Winter 2022

SARIE kuier by ‘In die sop’ se Bertus Basson: ‘Die dinge wat ek kook, kom van hiér’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bertus Basson
Bertus Basson

“Hy moet net nie . . .” sê die deelnemers vooraf effens benoud. En . . . “ek hoop nie hy . . .” Nee, hy gaan nie. Daardie kosbare foto van ’n afgestorwe familielid teen die muur. Daardie gereg waarop jy jou eie stempel afgedruk het. Dit gaan vir seker bly. Want dis wat jou eetplek uniek maak, jóú storie, die hart . . .    

Bertus Basson, aanbieder van In die sop: Restaurant-evolusie op kykNET, loop met sý hart op sy mou. Elkeen van sy rare tatoes vat ’n herinnering vas: Mareli, sy vrou, se vingerafdruk. Die klankgolwe van sy kinders, Elizabeth (2) en Theodore (5), se hartklop soos die eerste keer op ’n sonar gewaar.

Pootafdrukke van sy honde en katte, selfs een van sy vark, man. “Met diere werk dit só,” vertel die man met die diep frons tussen sy oë en grys spikkels in sy baard en hare. “Jy is dalk 80 jaar op die planeet, jou hond . . .” Vir dertien jaar was Patat, sy Africanus-hond, sy bestie. Verlede jaar is hy dood . . . 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees