Akteurwees lê diep in haar siel, in haar wese – daar waar dit anker gegooi het. Dis haar plek, haar huis en na meer as drie dekades, steeds ’n ongelooflike voorreg.
“Ek het geweldige respek vir dit wat ek doen. Ek voel dis belangrik om dit te eer. Ons as akteurs werk met mense se emosies en dis vir my baie kosbaar. En jy moet versigtig daarmee omgaan.
“Ek geniet dit om ouer te word, ek sien dit nie as ’n siekte nie. En, as jy soveel jaar in die bedryf is, vra mense gewoonlik of jy nie nou al dink aan regie of skryf nie. Iets agter die skerms, jy weet.”