Weekliks skuif kykers Maandae tot Donderdae voor hul kassies in om die doen en late van karakters Beatrice Cupido, Lionel Foster en kie te sien.
“Jy gaan nooit ál jou kykers tevrede stel nie. Die oplossing is dus om die sterkste storie te vertel. Ek geniet die stories van die Kaapse Vlakte. As jy die mense se waarheid vertel, kan jy die hartklop van die storie hoor.”
Ná byna 800 episodes van kykNET & kie se gewilde telenovelle Arendsvlei het Theltom Masimila, hoofskrywer en vervaardiger, duidelik hierin geslaag.