Toe Françoise se natuurbewaarder-man, Lawrence Anthony, skielik in 2012 aan ’n hartaanval oorlede is, het baie mense gedink dis die einde van Thula Thula, die tuiste van sy bekende trop olifante in KwaZulu-Natal.
Maar tien jaar later, met Françoise aan die stuur, vaar die wildreservaat beter as ooit.
“Ek en Lawrence het Thula Thula eintlik saam bestuur, maar mense het my nie geken nie omdat ek agter die skerms aan dinge soos die finansies gewerk het. En selfs dié wat geweet het van my, het gedink ek sal teruggaan na my tuisland, Frankryk. Maar die gedagte het nooit eens by my opgekom nie,” vertel sy.