Hannes hou ook sy lyf aanbieder en vervaardiger en het al onderhoude met bekendes soos oud-president Nelson Mandela, Bill Clinton en Arnold Schwarzenegger gevoer.
Hy vertel vir hom is dit moeilik om een rol uit te sonder. “Ek dink, soos vir enige akteur, is die verskeidenheid rolle wat ek al vertolk het, dit wat my loopbaan die lekkerste maak. Ek is ook een van daardie akteurs wat, wanneer ek enige rol vertolk (of dit nou televisie, film of verhoog is), al my aandag op daardie karakter vestig. Ek probeer regtig in sy vel inklim,” verduidelik hy.
Hannes sal sy loopbaan vir niks verruil nie. “Ek was gelukkig om regtig al baie tipe rolle te kon vertolk. Natuurlik is daar altyd nog rolle wat ’n mens graag sal wil aanpak – rolle wat jou so effe uit jou diepte en gemaksone vat.”