Cedwyn is ’n uiters bekende gesig op die Suid-Afrikaanse kassie. Hy was al te siene in programme soos Malan & kie, Swartwater, Buurtwag en Die boekklub en speel tans die rol van AB Samsodien in die gewilde kykNET-sepie, Suidooster.
“Dis nogal ’n vreemde gevoel dat ek vandag 70 is,” glimlag hy. “Ek is oorweldig deur al die goeie wense en boodskappe wat ek ontvang het van vriende en selfs van die wat ek dit glad nie van verwag het nie.”
Sy plan is om die dag rustig saam met sy vrou te vier. “Ek wil graag later die maand dit saam met vriende en my familie vier.”