Aan die einde van Februarie was kykers van die gewilde kykNET-sepie, Suidooster, stomgeslaan toe die gehate Dirk (gespeel deur Evan Hengst), uit die dood uit opgestaan het om verder amok te saai.
Dirk het verlede jaar vir groot drama gesorg as deel van ’n onwettige orgaanhandel-netwerk. Destyds het hy vir Bianca (vertolk deur Simone Biscombe) ontvoer sodat hy en sy ma genoeg geld kon kry om elders ’n nuwe lewe te begin.
Dinge het egter nie so vir hom uitgedraai nie. Hy is uiteindelik geskiet in ’n polisieklopjag waarin sy ma, Esther Graaff (Marion Holm), vasgetrek is.