In hierdie episode van Real housewives van die Wynlande help Nicole, ’n digitale bemarker van Somerset Wes, vir huisvrou Michelle om ’n TikTok-video saam met die dames te maak.
Hoewel die Wynlande wêrelde verwyder is van die Wildekus waar haar Survivor-reeks afgespeel het, het Nicole heel tuis gevoel in die oerwoud van dames.
“Dit was ’n ongelooflike ervaring,” vertel Nicole. “Ek moet sê, ek het nooit gedink ek sou op Real housewives wees nie, maar dit was regtig so lekker gewees. Ek het dit regtig geniet.”