“Met ingang 2023 was my werksmoontlikhede ’n donker gat en toe skrik die heelal wakker en steek sy hand na my uit,” vertel sy eerlik. “Die vooruitsigte lyk beter.”
Antoinette maak tans ’n draai in die gewilde sepie, Binnelanders en is vandeesmaand ook te siene in kykNET se nuwe dramareeks, Mooiweer en warm.
In Binnelanders vertolk sy die rol van Soekie Kellerman, wat by die Koster-huis opdaag en aankondig dat sy At Koster, ’n man met wie sy veertig jaar gelede getroud was, se boedel betwis.