Nie net moes die deelnemers twee keer monde vol afval eet nie, maar die verloorspan, Soetmelksvlei, moes twee keer spanmaats uitstem.
Deon se sout is eerste te lig gevind en daarna moes Jurie sy sakke pak, maar nie voor Arthur Twigge van Boksburg en Gerda van Zyl van Brackenfell bloed moes sweet ná daar vir hulle ook gestem is.
Vir Gerda was die stemmery die heel ergste van haar Plaasjapie-ervaring, veral toe sy die mense na-aan haar die trekpas moes begin gee.