Die veteraan-aktrise Vinette vertel dit gaan deesdae baie goed met haar. “Ek het die afgelope tyd aan ’n hoogtepunt van my loopbaan gewerk – ’n minireeks met Pieter-Dirk Uys (Evita Bezuidenhout),” vertel sy.
Tans doen sy weer stemwerk vir die Turkse telenovelle, Kind van die noodlot. “Kiymet, die feeks, het my stem nodig. Die vermetelheid!” lag sy.
In Desember is Vinette ook weer te siene in die Afrikaapse fliek, Barakat, op kykNET en fliekNET, waar sy die rol van matriarg Aisha Davids vertolk.