Voormalige ‘7de laan’-aktrise Nadia Herbst swanger met haar eersteling: Dis ’n dogtertjie!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Aanhangers van die gewilde SABC2-sepie ‘7de Laan’ het haar leer ken as Olivia, maar deesdae bly die aktrise Nadia Herbst in Guadalajara in Mexiko.
Die aktrise Nadia Herbst en haar haar kêrel, Hecto
Die aktrise Nadia Herbst en haar haar kêrel, Hector. Foto: Verskaf.

“Die feit dat Mexiko in so ’n kort tydjie soos my huis gevoel het is ongelooflik; die mense se warmte en liefde en die mooi natuur wat ek hier ervaar, het my hart gesteel,” vertel Nadia aan SARIE.com.

Hoewel sy opgewonde raak wanneer sy oor Mexiko gesels, begin sy behoorlik koer as sy die nuus deel dat sy en haar kêrel, Hector, hul eersteling verwag. Dié pienkvoet sal in Februarie volgende jaar sy of haar opwagting maak.

“Ek was eers in skok, maar ek wou nog altyd ’n ma word. Ek en Hector het al daaroor gepraat in ons toekomsplanne, maar toe ons nou uitvind was ons so gelukkig,” vertel Nadia.

“Sy positiewe reaksie op die nuus was vir my baie spesiaal en ons het dadelik die verantwoordelikheid gevat vir ons baba,” sê sy. 

Nadia het Saterdag op haar Instagram-profiel ’n inskrywing gemaak om die geslag van die babatjie te verklap.

Hoewel Nadia voorheen heeltemal seker was dat haar eersteling ’n seuntjie gaan wees, het die talle pienk en pers kleure by ’n intieme geleentheid ’n heeltemal ander storie vertel: Dis ’n dogtertjie!“Ek was doodseker dit is ’n seuntjie en na ons sonar-skandering Woensdag het ek per ongeluk ’n foto van die dokter af gekry wat ’n seuntjie gewys het,” verduidelik Nadia op Instagram.

Al het die nuus haar verras, skryf sy dat sy bly is Hector is aan haar sy en dat hulle nou baie totaal en al deel is van die “girl gang”.
Nadia vertel die mooi natuur in Mexiko het haar ha
Nadia vertel die mooi natuur in Mexiko het haar hart gesteel. Foto: Verskaf.

Nadia woon al 11 maande in Mexiko, “maar dit voel al soos ’n leeftyd”. Mexiko is haar huis en sy beplan om daar geboorte te gee.

“Om al Hector se niggies en nefies se opgewondenheid te ervaar is ongelooflik. En ons vriende is net so opgewonde en ondersteunend,” verduidelik Nadia.

Hector is baie ondersteunend, vertel Nadia.
Hector is baie ondersteunend, vertel Nadia. Foto: Verskaf.

“Ek het ’n sterk band gevorm met Hector se familie wat vir my baie spesiaal is. Ek sien baie uit om die huis te organiseer vir ’n baba en net ons lewe heeltemal te verander en te lewe vir ons baba,” voeg sy by.

Tog is Nadia ’n bietjie skrikkerig om sonder haar ma en suster se hulp die baba groot te maak. “Ek wil graag natuurlike geboorte gee, maar dit hang als af van my liggaam,” vertel sy.

Nadia deel ’n sonarfoto.
Nadia deel ’n sonarfoto. Foto: Verskaf.

Darem staan haar rots, Hector, bankvas agter haar. “Hy laat ’n mens altyd glo in hulself en is altyd die raadgewer in die familie en in sy vriendekring,” koer Nadia.

Hector, wat ’n familiebesigheid bestuur, is ook ’n lewensafrigter en “het ’n sterk persoonlikheid en staan op vir wat reg is. Maar hy is ook iemand wat dadelik sal erken as hy ’n fout gemaak het.”

Nadia en Hector is baie opgewonde om hul baba vroe
Nadia en Hector is baie opgewonde om hul baba vroeg volgende jaar te verwelkom. Foto: Verskaf.

Daar is nie planne om terug te trek Suid-Afrika toe nie, vertel Nadia. “Vir nou is Mexiko my huis en die plek waar ek geboorte sal gee. Maar ons sal beslis baie Suid-Afrika toe kom om te kom kuier. Ons sal tussen die twee lande die baba grootmaak.” 

Vir nou is Nadia dolgelukkig om in Mexiko te bly. Sy is deesdae ’n rekeningbestuurder by ’n Amerikaanse maatskappy, maar sy leer tussendeur Spaans met die eindbestemming om weer toneel te speel. Maar dié keer in Mexiko se telenovelas.

Die toekoms is onvoorspelbaar, sê Nadia. “Wie weet, ons mag dalk nog in ’n ander land gaan bly. Maar Suid-Afrika sal altyd ’n groot liefde vir my wees.”

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees