As rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch was prof. Russel Botman ’n baanbreker op wie baie hul hoop gevestig het in ’n tyd van transformasie.
Toe hy in 2014, halfpad deur sy tweede termyn in dié rol, in sy slaap aan natuurlike oorsake oorlede is, het Stellenbosch gerou. Maar niemand meer as Beryl, sy vrou van 25 jaar, nie.
Toe hy weg is, was daar skielik ’n yslike leemte in haar lewe, vertel sy.