Deel

11-jarige begin lees toe sy die regte boek kry: Dís die boeke wat sy kan voorstel vir jou kinders

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die elfjarige Lana du Plessis is ’n ywerige leser. Sy was aanvanklik maar traag om te lees, totdat sy ’n boek gekry het wat by haar pas. Haar ouma, Ina du Plessis, het ook bygedra tot die ontwikkeling van haar passie vir boeke en lees.
Boeke.
Foto ter illustrasie: Getty Images.

“Ek onthou ek en my ouma het hierdie boek saam gelees in die middae. Ons het die eerste drie boeke van Ansofie Plak, wat deur Anna Emm geskryf is, gelees. Daarna het ek ook ander boeke op my eie begin lees en dit geniet. Ek hou van romantiese en grapperige stories,” vertel Lana.

lees


“Op die oomblik is ek besig om Omnibus 3 van die Elle-reeks deur Christien Neser te lees. Ek is reeds klaar met die eerste twee boeke. Ek kan nie wag vir nog van Christien se boeke nie.

“Ek het ook die hele reeks boeke van Lotta se lewe gelees, en dit baie geniet. Dis in Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys. Die oulike sketse deur Alice Pantermuller maak dat ek ’n Lotta-boek nie kan neersit as ek dit eers begin lees nie.

“Natuurlik het ek ook al heelwat van Jaco Jacobs se boeke gelees. Ek dink hy is my gunsteling-skrywer. Hy skryf verskillende tipe boeke, grapperige stories, avonture en selfs romantiese stories.

“Sy boeke is altyd interessant en dit voel vir my of ek deel word van die storie en dan wil ek nie ophou lees totdat die boek klaar is nie.”

lees
Lana du Plessis

As Lana nie besig is om te lees nie, is sy bedrywig op die sportveld. Sy neem deel aan atletiek, landloop, netbal en sagtebal. As sy vrye tyd het, hou sy ook daarvan om na musiek – liedjies met ’n lekker ritme – te luister.

Maar sy steek ook nie lyf weg as dit by skoolwerk kom nie, want sy het nie net een gunsteling-vak nie; sy hou van Wiskunde, Geskiedenis en Natuurwetenskap.

Lees hieronder Lana se indruk van die boek wat sy onlangs gelees het:

lees

Felina Kat, geheime agent, Louise Smit met illustrasies deur Zinelda McDonald (Human & Rousseau, *R150)

Speurder Skote Petoors kort hulp om ’n gesteelde blou diamantring terug te vind. Hy kontak ’n geheime agent, ’n kat met die naam Felina wat een geel en een groen oog het.

Felina en Timo soek saam na die misdadigers wat die blou diamantring gesteel het.

Timo en Felina ontmoet, omdat hul in dieselfde woonstelgebou bly. Timo is ’n slim seun wat sy oë en ore oophou, want hy wil graag eendag ’n speurder word. Daar is ook ’n verdagte tweeling, weet hulle dalk iets?

Het jy geweet ’n blou diamant word in die diepste laag van die aardkors gevorm?

Ek het die boek geniet en het heeltyd gewonder wat volgende gaan gebeur. Lesers wat van avontuur hou, sal Felina Kat, geheime agent geniet. Daar is oulike illustrasies wat die boek interessant maak.

* Prys kan verander sonder waarskuwing 

JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees