Dolly Parton skryf saam met topverkoper-skrywer ’n boek en is binnekort in die fliekweergawe te sien

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
James Patterson verkoop die meeste boeke in die wêreld en hy het sy skryfvernuf ingespan om saam met een van die grootste musieksterre, Dolly Parton, ’n boek te skryf wat in die musiekbedryf afspeel.
Die sangeres Dolly Parton en skrywer James Patters
Die sangeres Dolly Parton en skrywer James Patterson gesels oor hul nuwe boek in Texas. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die filmregte vir dié boek is deur Reese Witherspoon se mediamaatskappy Hello Sunshine opgeraap en Dolly maak haar terugkeer na die silwerdoek om die hoofrol in die rolprentweergawe van haar debuutroman te speel.

Dolly het in ’n eksklusiewe verklaring aan People gesê sy is ongelooflik opgewonde oor die publikasie van haar debuutroman, Run, Rose, Run, wat sy met James Patterson se bystand geskryf het. Saam met die boek reik sy ook ’n album uit met liedjies wat op die karakters en die gebeure in die boek gegrond is.

Op sy beurt het Patterson vertel hoe groot eer, en hoeveel pret, dit vir hom was om saam met die nimlike Dolly Parton te werk. Hy is jare al ’n groot bewonderaar van haar musiek, en van hoe sy stories vertel en natuurlik haar geweldige vrygewigheid.

Die wonder van die projek lê vir hom daarin dat die musiek die boek sal toelig en vice versa. Volgens hom sal lesers en luisteraars mal wees oor die unieke ervaring.

run, rose, run dolly parton james patterson

Waaroor gaan ‘Run, Rose, Run’ deur Dolly Parton en James Patterson (Penguin, *R320)

AnnieLee Keyes skryf al lirieke en sing vandat sy kan onthou. Sy ryloop na Nashville om ’n countrysanger te word, maar het egter nie veel sukses nie.

Honger dryf haar om die kroegman in ‘The Cats Paw’-kroeg te vra vir ’n geleentheid om daar te sing vir haar ete.

Ethan Blake, ’n oorlogsveteraan en musikant, hoor haar sing. Hy oorreed Ruthanna Ryder, die koningin van country, om na AnnieLee te gaan luister.

Aanvanklik probeer Ruthanna vir AnnieLee oortuig om nie in die musiekbedryf in te gaan nie, maar later doen sy tog alles in haar vermoë om vir AnnieLee te help.

Die leser besef gou dat AnnieLee aan die vlug is vir iemand uit haar verlede. Hoe meer sukses AnnieLee bereik, hoe meer angstig raak sy en die gevare neem toe. Wie is AnnieLee werklik?

Die sangeres Dolly Parton en skrywer James Patters
Foto: Gallo Images/Getty Images.

My persoonlike indruk van die boek:

Hoewel die verhaal interessant is, vloei dit aanvanklik stadig. Daar is geen dringendheid rondom die ontknoping tot die laaste paar hoofstukke nie.

Die storie bestaan hoofsaaklik uit “musikant maak dit in Nashville” en dan is daar so ’n klein bietjie aksie en spanning; Maar heeltemal te min om die verhaal regtig te dryf.

Ek voel ook die verhaal kon die helfte korter wees vir meer impak en om die spanninglyn stywer te span. Dit het amper gevoel asof die aksie ’n nagedagte was en dat dit eintlik oor die musiekbedryf in Nashville gaan.

Die sangeres Dolly Parton en skrywer James Patters
Foto: Gallo Images/Getty Images.


As jy ’n Dolly Parton-bewonderaar is, kan jy gerus na die musiek luister. Dis heel vermaaklik en aangenaam. As jy ’n gesoute spanningsverhaalleser is, sal jy moontlik teleurgesteld wees.

Ek het uit blote nuuskierigheid aanhou lees om te sien of James en Dolly die verhaal vleis om die lyf kon gee. Miskien is ’n rolprent ’n beter opsie, want solank die prentjies ’n mooi storie vertel, sal mens vir ’n paar uur van die werklikheid ontsnap.

Bron: People.com

*Prys is onderhewig aan verandering sonder vooraf kennisgewing.

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees