Leandie du Randt: ‘Ek’s ’n oversharer’

akkreditasie
FOTO Instagram / Leandie du Randt
FOTO Instagram / Leandie du Randt

Inteendeel, Leandie du Randt beskryf haarself as ’n “oversharer” in antwoord op die vraag wat die inspirasie agter haar nuwe boek, My hacks vir die lewe (Penguin, R240), was.

“Ek love dit om my lewe te share. Dis vir my ’n voorreg om dit wat ek in my lewe beleef, te deel. Nie almal het ’n platform waarop hulle die lesse wat hulle geleer het en die dinge waardeur hulle gegaan het, kan deel nie. Ek het. My eerste boek het my geleer dat ek nie moes gaan sit en dink waaroor ek volgende wou skryf nie. Dit moes natuurlik kom. Dit was soos ’n vlammetjie wat in my gebrand het, iets wat ek net op papier moes neersit. Daardie eerste boek was vir tienermeisies en het ontstaan uit my eie nuuskierigheid oor hoe ek myself as tiener moes navigeer om die oorgang na student en jong volwassene te maak. Destyds het ek gesien hoe meisies rondom my hiermee sukkel en ek wou my ervaring deel.

“Dit was in 2014. Met hierdie boek is dit sewe jaar later en soveel het in my lewe gebeur ... my ma se dood, my egskeiding. Ek het soveel vrae op sosiale media gekry, maar ek het nie die tyd om elke mens direk te antwoord nie, al wou ek graag. Ek het agtergekom mense vra dieselfde vrae. Oor ’n tydperk van twee jaar het ek al die vrae neergeskryf en met die eerste streng inperking in 2020 het ek antwoorde begin skryf op die vrae en ek kon nie ophou nie. Vir 21 dae het ek elke dag agt uur lank geskryf, alles oor myself en alles wat gebeur het. Wat ek met hierdie oefening besef het, is dat ek myself regtig ken. Dit het ek nie met my eerste boek gevoel nie. Met hierdie boek kon ek regtig die lesse deel wat ek die afgelope 33 jaar geleer het.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees