Nuwe boek: Vroue word steeds misken en geïgnoreer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Foto: Andre Goosen
Foto: Andre Goosen
Andre Goosen

Aan die woord is Pip Williams, die skrywer van The Dictionary of Lost Words. Die verhaal handel oor hoe die Oxford English Dictionary saamgestel is. Die werk aan die woordeboek is hoofsaaklik deur mans gedoen en hulle het die mag gehad om te besluit watter woorde mag in en watter nie. Dit het Williams laat wonder of die woordeboek verteenwoordigend is van die woorde wat vroue gebruik.

Esme, die dogter van een van die mans wat aan die woordeboek werk, is die verteller in The Dictionary of Lost Words. Ons leer haar as klein dogtertjie ken waar sy onder die sorteertafel in die scriptorium of scrippy – eintlik maar ’n tuinhut in Oxford waar die woordeboek saamgestel is – sit. Deur haar oë ervaar ons hoe die proses gewerk het om woorde te kies vir insluiting. In 1901 is ontdek dat die woord bondmaid nooit in die Oxford English Dictionary (OED) ingesluit is nie en die antwoord op dié raaisel word onthul in Williams se verhaal. Soos die gebeure ontvou en die leksikograwe elke woord debatteer en motiveer, leer Esme dat sommige woorde belangriker geag word as ander. Boonop het woorde wat met vroue se ervarings te make het dikwels nie die woordeboek gehaal nie. Dit het gemaak dat Esme haar eie versameling begin het, wat uiteindelik in haar eie woordeboek, Women’s Words and their Meanings, saamgebind is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees