In Loots se jongste roman, Die Kapokdokter (Umuzi, *R290), beskryf hy ’n greep van dr. Barry se lewe aan die Kaap, terwyl die dokter ook insigte gee oor sy onlangse verlede. Loots verduidelik: “Ek wou oor James Barry skryf, omdat sy my van kleins af reeds inspireer het. Mense maak aannames oor die dokter, veral omdat hy eintlik ’n vrou was.”
Dokter James Barry het in 1816 in die Kaapkolonie aangekom om as assistent van ’n militêre chirurg te werk. Die goewerneur aan stuur van sake in die Kaap de Goede Hoop was lord Charles Somerset, ’n despoot wat nie geskroom het om met ’n ysterhand reëls toe te pas nie.
Tog het hy dr. Barry se verligte mediese idees aangemoedig en hom selfs as sy eie huisdokter aangestel. Die dokter wat klein van statuur was, het groot vooruitgang op mediese gebied gemaak; daar is selfs sprake van ’n keisersnee wat hy uitgevoer het.