Red jouself en skep só die geleentheid vir jou liggaam en gees om te herstel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jy moet jouself red, want niemand anders kán jou red nie. Die duur les het die skrywer Helen Nicholson in haar eie lewe geleer.

Sy is ’n suksesvolle sakevrou aan die hoof van The Networking Company wat daarop fokus om sakelui op te lei in die ‘sagter’ vaardighede vir sukses in besigheid.

Haar vorige boek, Networking – How to get Your Black Belt in Business Success, was ’n top-verkoper. Maar vir die besige sakevrou het daar intussen baie water in die see geloop.

Helen Nicholson, mindfulness
Helen Nicholson.

Sy kon nooit al die dinge op haar om-te-doenlysie aftik nie en het heeltyd gevoel die lewe is besig om haar te oorweldig.

As enkelouer van ’n tweelingdogters het sy geweet sy sal iets aan haar lewe moet doen. Die tyd het onbewustelik (en soos blits) by haar verbygevlieg en sy het gevoel sy mis uit op tyd saam met haar dogters en ook op die genot en vreugde van die lewe.

Al waarmee sy besig was, was werk – daardie lysie wat elke volgende opdrag uitskree! Haar gesondheid het ook onder die leefwyse gely en nadat sy tydens ’n naweek in die Drakensberg ineengestort het, het sy ’n bewuste besluit geneem om haar lewe te verander - om haarself te red . . .

Dié besluit het gelei tot haar jongste boek, Mindfulness – How to stay sane in an insane world, waarin sy die lesse wat sy op haar lewensreis na bewustheid (mindfulness) geleer het. Sy trek jou van die eerste bladsy in by al die dinge wat haar laat besef het daar moet meer in die lewe wees as net om alles af te tiek op ’n om-te-doenlysie.

‘Mindfulness – How to stay sane in an insane world’ deur Helen Nicholson (TNCo Publishing, R349*). 

Beskikbaar by takealot.com
Beskikbaar by takealot.com

Die eerste stap na ’n bewustelike lewe is om te erken jy moet ’n verandering maak. Dan moet jy tyd afneem om te herstel.

In Helen se kop het sy hersteltyd altyd gelykgestel aan luiheid en moes sy eers van die vooropgestelde persepsie ontslae raak. As jy goed wil vaar, moet jy jou liggaam toelaat om te herstel.

Daarvoor gee sy wenke, soos daaglikse rituele wat jy in jou werkprogram moet inbou. As jy aan die einde van die dag jou kantoordeur toemaak, moet jy wegstap, nie net fisies nie, maar ook met jou kop. Skakel jou foon af en bestee gehaltetyd saam met die mense in jou lewe.

Maar, sê sy, jy moet ook weeklikse, maandelikse en jaarlikse rituele vir jouself skep. Vir haar is dit in die vorm van ’n digitale detoks oor naweke wanneer sy alle toestelle afskakel en rus.

Haar maandelikse rituele sluit ’n spabesoek in om haarself te bederf. Sy het ook anders begin kyk na haar jaarlikse ritueel van om net een vakansie te neem. Sy probeer nou om deur die jaar vir ’n paar langnaweke saam met haar gesin weg te breek.

So skep sy die geleentheid vir haar liggaam en gees om te herstel. 

Die beste ding wat jy vir jouself en jou welstand kan doen, is om genoeg te slaap en om genoeg te beweeg.

Dit beteken nie jy hoef ure in ’n gimnasium deur te bring nie. As jy een keer in ’n week vir 30 minute teen ’n stewige pas stap, sal jou breinfunksie reeds verbeter.

Nicholson beveel egter aan dat jy oefening ’n daaglikse ritueel maak, want dit help om stres te ontlaai, wat jou gevolglik ook kalmer maak. Oor slaap het sy baie te sê en sy verduidelik op ’n toeganklike wyse wat met jou brein gebeur wanneer jy slaap.

Die stappe tot welstand is eintlik eenvoudig; jou redding lê in jou bewuste keuse om ’n verandering in jou lewe te maak.

Sy lei jou ook deur die stappe van alles wat jy kan doen om ’n gesonder slaappatroon te vestig. Wat my getref het was die volgende: “We spend more money on our hair, clothes, holidays and cars than we do on our bed, but our bed is the place we go to recover every day. Invest in it. Buy the best pillow, bedding, mattress and black-out curtains you can afford.

Die boek is prakties en een wat almal wat oorweldig voel deur die lewe behoort te lees.

Nicholson se navorsing is deeglik en sy staaf haar argumente met wetenskaplike feite. Al is die teks gepak met feite, is die boek in eevoudige taal geskryf en op so manier dat die leser die heeltyd betrokke voel.

Die uitleg van die boek help dat jy vinnig kan blaai tot by die hoofstuk waarin jy persoonlik belangstel.

Niks wat Nicholson in die boek aanbeveel, is nie haalbaar nie. Die stappe tot welstand is eintlik eenvoudig; jou redding lê in jou bewuste keuse om ’n verandering in jou lewe te maak. Jy moet kíés om met dankbaarheid en in die oomblik te leef.

Ek kan die boek sterk aanbeveel.

Skryf nou in!

Tyd vlieg. Dit voel soos gister dat beplanning vir die kompetisie SARIE Nuwe Gesig vir ons jonger lesers gedoen is – en hier soek ons nou al die derde Nuwe Gesig!

Dit is ook tyd om die 14de* wenner van SARIE Voorbladgesig, in trotse samewerking met Isa Carstens Akademie, te vind. Sedert die kompetisie in 2011 begin is, het lesers vir ons gewys hulle glo in die mantra #JyIsGenoeg deur in hul duisende in te skryf.

Hierdie is ’n geleentheid om jou storie te deel en ander te inspireer. Skryf in, jy is dit werd.

Skryf hier in!

* Twee jaar, 2016 en 2017, het elk twee wenners opgelewer.

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig: Hier’s jou reëls


JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees