Deel

Topspeurder Ben Booysen word gesystap ná sukses met Krugersdorp-afspraakmoorde

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
In dié uittreksel uit sy onthullende boek vertel afgetrede kaptein Ben Bliksem Booysen meer oor die ondersoek na die opspraakwekkende Krugersdorp-moorde wat die land in 2016 geruk het.
Ben Booysen by Marinda Steyn in die hof. Foto: Fel
Ben Booysen by Marinda Steyn in die hof. Foto: Felix Dlangamandla

Toe Booysen die saak as speurder oorgeneem het, was 11 mense reeds grusaam vermoor deur ’n groep wat hulself Electus per Deus noem.

Booysen het oornag heldestatus in die onlangse TV-reeks, Devilsdorp, ná ’n loopbaan van 40 jaar in die SAPD. Hy het bekend geword as die man wat die berugte Krugersdorp-moordenaars vasgetrek het. Aangevuur deur ’n sin vir geregtigheid het dit hom drie jaar se hardnekkige speurwerk gekos om Cecilia Steyn en haar trawante agter tralies te kry.

In Op die Duiwel se Spoor onthul Booysen saam met die Sunday Times-joernalis Nicki Gules skokkende besonderhede van polisie-onbeheptheid en nuwe, sensasionele inligting oor die moordenaars, hul misdade en lewe in die tronk, in ’n makabere verhaal wat die land amper ’n dekade lank vasgenael gehou het.

Booysen is die seun van ’n mynwerker wat lief was vir die bottel en die vuis. Sy grootwordjare sou min mense laat dink dat hy een van Suid- Afrika se grootste moordsake sou oplos. Booysen het keer op keer die koerantvoorblaaie gehaal toe hy die baasbrein Cecilia Steyn, en haar vyf makkers aangekeer het.

“Op die Duiwel se Spoor” deur Ben Bliksem Booysen (Melinda Ferguson books, R280*)

devilsdorp, cecilia steyn, krugersdorp ben booysen

In dié hoofstuk vertel Booysen hoe hy verontreg is deur die SAPD en dat hy nooit werklik die erkenning vir sy ondersoek na die Krugersdorp-moorde gekry het nie.

’n Ondankbare taak

Nadat Le Roux en Marinda op 16 Mei 2018 skuldig gepleit het, het Christelle aansoek gedoen vir ’n geldelike beloning vir my. Sy het dit gemotiveer op grond van die pleitooreenkomste wat ek aangegaan het met Marinda, Le Roux en John Barnard.

Bevelvoerders doen gewoonlik hierdie motiverings, maar omdat ek weggejaag is by die Valke, het ek nie ’n bevelvoerder gehad nie. Brigadier Manie Victor, hoof van die taakspan, het dit onderteken en ’n aanbeveling gemaak dat ek R25 000 kry, die maksimum beloning wat ’n mens kan kry. Ek het R15 000 gekry.

Nadat Zak, Cecilia en Marcel skuldig bevind is en gevonnis is tot ’n rekord aantal lewenslange vonnisse vir ’n enkele saak, insluitende die bedryf van ’n kriminele onderneming – iets wat regsgeskiedenis gemaak het in Suid-Afrika – en nadat ek sewe reeksmoordenaars uit die samelewing verwyder het en na twee formele aanprysings vir my werk op die saak (deur onderskeidelik Discovery Life en adv. Roberts), het Christelle weer aansoek gedoen vir nog ’n geldelike beloning vir my.

Die laaste keer wat die polisie prestige toekennings toegeken het, het ’n polisiekonstabel van Limpopo ’n motor gekry en is hy met twee range bevorder nadat sy ondersoekwerk gesorg het dat ’n verkragter ’n lewenslange vonnis kry.

Brigadier Victor het dit weer onderteken en wéér die hoogste moontlike bedrag aanbeveel. Hierdie keer het ek niks gekry nie. Ek het nie ’n sertifikaat van erkenning gekry nie, en nog minder ’n bevordering.

Die laaste keer wat die polisie prestige toekennings toegeken het, het ’n polisiekonstabel van Limpopo ’n motor gekry en is hy met twee range bevorder nadat sy ondersoekwerk gesorg het dat ’n verkragter ’n lewenslange vonnis kry. By dieselfde funksie is my naam nie eers genoem nie. Ek was ontsteld, maar my vrou was woedend.

In 2020 het Christelle uiteindelik ’n Facebook-boodskap vir luitenantgeneraal Godfrey Lebeya, die hoof van die Valke, gestuur:

“Goeienaand Generaal, ek is die vrou van kaptein Booysen wat hierdie jaar 39 lewenslange vonnisse plus meer as 2 000 jaar se tronkstraf gekry met ses verdagtes na drie jaar se ondersoekwerk tot nadeel van sy gesondheid.Ek sien vanaand hou die Direktoraat vir Prioriteit Misdaadondersoek [die Valke] ’n prestige toekenningsfunksie en ek wonder of Ben ooit erkenning sal kry vir wat hy bereik het.”

Sy het verduidelik hoe ek by die Valke weggejaag is deur my brigadier omdat ek geweier het om saam met korrupte offisiere te werk, en bygevoeg: “Nou, met 14 maande oor in die SAPS, ná 40 diensjare, behoort hy nêrens nie, en het hy nie eers een oproep ontvang van enige senior wat hom gelukwens met die prestasie nie. Vergewe my asseblief my voorbarigheid en die gebrek aan protokol, maar ek sien nie ’n ander alternatief nie. Ek salueer u, Generaal.”

Sy het geen reaksie gekry nie.

Die onvermoeide, deeglike en professionele werk van twee kapteine, Ben Booysen en Van Wyk, saam met die aanklaers het gelei tot die suksesvolle skuldigbevindings wat gesorg het vir geregtigheid vir die gemeenskap in 2019.

In Augustus 2021 het die minister van polisie, Bheki Cele, ’n boodskap gestuur na die Gautengse polisiekommissaris, luitenant-generaal Elias Mawela, nadat hy die Devilsdorp-dokumentêr gekyk het.

“Goeiemore, Generaal Mawela. Gister het ek ’n nuwe dokumentêr, Devilsdorp, op Showmax gekyk. Dit gaan oor die satanistiese moorde wat in Krugersdorp in ’n klein gemeenskap plaasgevind het tussen 2012 en 2016 waarin elf mense vermoor is deur ’n groep wat gelei is deur Cecilia.

“Die verskriklike en grusame misdade het die klein gemeenskap geterroriseer. Die onvermoeide, deeglike en professionele werk van twee kapteine, Ben Booysen en Van Wyk, saam met die aanklaers het gelei tot die suksesvolle skuldigbevindings wat gesorg het vir geregtigheid vir die gemeenskap in 2019.

“Hierdie offisiere het nou afgetree, en ek wil regtig graag hê dat ons hulle, en baie sulke speurders wat baie moeilike sake opgelos het in ons provinsie, sal vereer! Ons skuld dit aan ons mense om te wys dat daar toegewyde en opgeleide polisie-offisiere is wat hulle lewens op die spel plaas sodat die land en gemeenskappe veilig kan wees.

* Prys onderhewig aan verandering sonder voorafkennisgewing. Die boek is ook in Engels beskikbaar.

JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees