’n Daaglikse velsorgroetine en gereelde gesigbehandelings is die boustene van ’n gesonde, stralende vel op jou troudag. Maar soms is ekstra hulp nodig om moeiliker kwessies soos pigmentasie, ’n vaal gelaat, gebarste aartjies onder die veloppervlak te behandel. Gelukkig is daar ’n rits skoonheidsbehandelings wat jy kan probeer vir vinnige, doeltreffende resultate. Kies uit dié top-behandelings:
Tydens ’n chemiese afskilferingsbehandeling word ’n produk met ’n hoë konsentrasie sure gebruik om ’n aantal lae van jou vel te verwyder. Hoe hoër die konsentrasie sure in die produk, hoe dieper werk dit in jou vel.
Die verbetering van knoppies en aknee, fyn lyntjies en plooie en om pigmentasievlekke weg te skaaf sodat dit ligter lyk.