Jy trou binnekort. Die rok is gekies – of dalk is dit ’n broekpak, deesdae hoef bruide nie meer beperk te word tot kleur of styl nie. Jou gaste het bevestig hulle gaan die spesiale dag bywoon. Jy het jou perfekte instapliedjie gevind en die DJ het al jou gunsteling-liedjies vir die dansbaan. Maar daar is een ding waaroor jy onseker is ... die liedjie vir jul eerste dans.