Hier’s SARIE se Bruidspaar van die Jaar 2020-2022!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ouwêreldse onthaalgrasie met ’n moderne kinkel bedek die vlaktes van die Vrystaat. Die bruidspaar Esther en Johan Toerien se troue het die SARIE-span se harte gesteel met hul plaastroue.

Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman

Troudatum: 01/05/2021

Onthaalplek: Die plaas Mooifontein, buite Kroonstad.

Dorp/stad waar troue plaasgevind het: Kroonstad

Provinsie: Vrystaat

Fotograaf: Stephanie Veldman

Grimeerkunstenaar: Ronel Le Roux

Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman


Bruid Esther oor die groot dag:

Ek is ’n Vrystaatse plaasnooi en daarom was die besluit om ’n plaastroue te hê maklik. Ons wou egter graag iets anders doen en het ons gaste verras met ’n onthaal in ’n beeskraal en met ’n melkstal as die kroeg!

Ons het die feesvieringe afgeskop met Vrystaatse familiegebak by ’n middag teeparty; ek het ’n gepaste withoed gedra terwyl Johan geskerts het dat ek die enigste persoon is wat hom sal oorreed om ’n wit baadjie te dra.

Ons het die ouwêreldse onthaal met ’n moderne kinkel in ons troudag vasgevang. Die tafels was stylvol, skoon wit en goud, met dramatiese helderrooi en ligpienk blomme.

Pasch du Plooy het ons gourmet-boerekos-drome by aandete bewaarheid. Die hoogtepunt van ons troudag was ons gaste, so in die middel van die pandemie en ná ons die troue twee keer moes uitstel.

Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman

Haar uitrusting: Die trourok en wit aandbaadjie is deur Carrie Bradshaw/Sex in the City geïnspireer en deur Casper Bosman ontwerp. Die bypassende hoed is ’n skepping van Crystal Birch.

Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman

Sy uitrusting: Johan se pak is van Frank Bespoke.

Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman

Wat sê die SARIE-span?

Michélle van Breda, SARIE-redakteur:

Mooier kon hul spesiale dag op hierdie Vrystaatse plaas nie gewees het nie. Oud en nuut wat so gemaklik en stylvol bymekaarkom.

Haar kort rok en hoed is ’n heerlike verrassing; sy wit baadjie ewe elegant.

Ek glo Kroonstad het nog nooit so ’n troue gesien nie. SARIE ook nie! Sonder twyfel is hulle ons wen-bruidspaar.

Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman

Amaria Carstens, moderedakteur:

Wow! Esther het gewaag deur weg te breek van ’n tradisionele lang wit rok. Die eenskouer-minirok slaan jou asem weg, en deur min juweliersware te dra laat sy haar rok die praatwerk doen. ’n Absolute wenner.

Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman

Monica van der Walt, skoonheidsredakteur:

Alles aan Esther se skoonheidsvoorkoms spreek van subtiele elegansie – van haar eenvoudige lae bolla tot haar natuurlike ooggrimering en rosige lippe. Die perfekte bewys dat minder inderdaad soms meer is.

Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman

Lounette Fourie en Anita Rossouw, dekorredakteurs:

Vir die stylvolle plaastroue met bv. ’n melkstal as kroeg, is moderne wit en goue dekor-elemente subtiel gekombineer met familie-memorabilia.

Onthaaltafels is klassiek in wit gedek en ’n teetafel kreun onder ’n versameling fyn porselein-teegerei. Oorgroot rangskikkings van vars rose (eie aan die Vrystaat), tulpe, orgideë en gedroogde krismisrose sorg vir drama.

Die kleurkombinasie van sagte pienk en helderrooi is treffend. Elegansie en nostalgie is hier perfek saamgevoeg.

Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman
Fotograaf: Stephanie Veldman

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees