Nóg 'n koninklike troue lê voor. Die rooikop prinses Beatrice, oudste dogter van prins Andrew en Sarah Ferguson, is verloof aan die Italiaanse magnaat Edoardo Mapelli Mozzi. Die paartjie gaan volgende jaar trou, luidens 'n amptelike verklaring van Buckingham-paleis. Haar kleinsus prinses Eugenie het die foto's geneem.
Die verloofring se indrukwekkende 3.5 karaat-diamant dien as fokuspunt in die ontwerp. Die ontwerper van die ring is glo Shaun Leane en glo £60 000 (sowat R1.1 miljoen) werd, berig Express.