Vir maande al wag paartjies wat tussen 1 Februarie 2020 en 28 Februarie 2022 getroud is en vir vanjaar se SARIE Bruidspaar van die Jaar-wedstryd ingeskryf het, om te hoor wie met hierdie gesogte titel gaan wegstap. Uiteindelik kan ons vanjaar se top 5-finaliste aankondig! Hier is 1 van die 5 finaliste:
Misha Christie & Heinrich van Blommestein
Troudatum: 26/02/2022
Onthaalplek: De Harte
Dorp/stad waar troue plaasgevind het: Pretoria
Provinsie: Gauteng
Fotograaf: RDK Photography
Ons liefdesverhaal:
Daar kom ’n tyd in jou lewe waar jy iemand sal ontmoet wat jou liewer sal hê as wat jy ooit kon dink. Daardie tyd vir ons het nege jaar terug gekom op die kampusgronde.
Saam gestudeer, saam gesukkel, saam gegroei en saam die lewe elke dag van daardie dag af aangepak.
Hierdie liefde was anders, dit is rustig, dit is geduldig en dit voel net reg. Daar was soveel wat ons nog wou bereik persoonlik, finansieel, as ’n paartjie en apart in die 9 jaar wat voorgelê het.
Die lewe het vir ons behoorlik met krom balle gegooi, maar ons ook met soveel wonderlike tye geseën. Hierdie tipe liefde is spesiaal en ons kan nie lewe sonder mekaar indink nie.
Voor ons ons oë uitvee, praat ons oor trou en ’n jaar later getuig ons voor die Here en al die mense wat saak maak, oor ons liefde aan mekaar as man en vrou.
- Die wen-paar word op 1 Julie in SARIE se Julie/Augustus 2022-uitgawe aangekondig, waarin hulle trou-album sal verskyn.
Wat wen Misha & Heinrich?
’n Romantiese wegbreek na The Palace of the Lost City
Hulle wen ’n wegbreek van twee nagte by Sun International se The Palace of the Lost City in Sun City ter waarde van R24 000. Die prys sluit in:
- Verblyf in ’n Superior Luxury-kamer vir twee nagte.
- Ontbyt vir twee by The Palace Crystal Court.
- Toegang tot enige Mankwe Gametrackers-aktiwiteit ter waarde van R1 590 per paartjie. Kies uit vierwielmotorfietsry en boogskiet tot geskeduleerde wildritte.
* Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en geldig van ’n Sondag tot ’n Donderdag.
- Op soek na die trourok en diensverskaffers wat jou troudrome kan waar maak? Gaan maak 'n draai op SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste! Wie weet, die rok en verskaffers van jou drome, wag dalk net om die draai!