SARIE Bruidspaar van die Jaar 2020-2022: Finalis 5/5

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een paartjie het tussen die Groot 5 in Limpopo getrou, ’n ander het in die Overberg ewige trou beloof . . . Uiteindelik, kan ons die top-5 bekendmaak.

Vir maande al wag paartjies wat tussen 1 Februarie 2020 en 28 Februarie 2022 getroud is en vir vanjaar se SARIE Bruidspaar van die Jaar-wedstryd ingeskryf het, om te hoor wie met hierdie gesogte titel gaan wegstap. Uiteindelik kan ons vanjaar se top 5-finaliste aankondig! Hier is 1 van die 5 finaliste:

Rianie & Matthew May

Troudatum: 21/08/2021

Onthaalplek: De Uijlenes

Dorp/stad waar troue plaasgevind het: Gansbaai

Provinsie: Wes-Kaap

Fotograaf: Ever Ever Photograhy

Fotograaf: Ever Ever Photograhy
Fotograaf: Ever Ever Photograhy
Fotograaf: Ever Ever Photograhy
Fotograaf: Ever Ever Photograhy
Fotograaf: Ever Ever Photograhy
Fotograaf: Ever Ever Photograhy

Ons liefdesverhaal: 

Die ontmoeting: “It was all in the Chemistry” is ons gunstelling spreekwoord om te sê wanneer mense ons vra hoe het ons ontmoet. Ons albei het BSc Voedselwetenskap studeer, maar Matthew is ’n jaar ouer.

Te danke aan die moeilike chemie wat Matthew moes herhaal, het dit hom darem kans gegee om “vrou te vang” – en sy graad. Dit was eers na ons graad gevang het wat ons ontdek het daar is “chemistry”.

Die verlowing: Voordat ons geweet het ons stel in mekaar belang was ons eendag by Bakhoven saam met ’n groep vriende waar ’n vriendin toe vra dat ons maak asof ons verloof raak vir ’n foto want sy is ’n fotograaf.

2 jaar later gaan Matthew op sy knie by dieselfde plek, maar hierdie keer regtig. Hy reël dat Rianie daar moet wees vir ’n werkvideo, waar hy toe in die agtergrond verskyn.

  • Die wenpaar word op 1 Julie in SARIE se Julie/Augustus 2022-uitgawe aangekondig, waarin hulle trou-album sal verskyn.

Wat wen Rianie en Matthew May?

’n Romantiese wegbreek na The Palace of the Lost City.

THE PALACE
THE PALACE

Hulle wen ’n wegbreek van twee nagte by Sun International se The Palace of the Lost City in Sun City ter waarde van R24 000. Die prys sluit in: 

* Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en geldig van ’n Sondag tot ’n Donderdag.

JONGSTE UITGAWE

September/Oktober-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees