Vir maande al wag paartjies, wat tussen 1 Februarie 2020 en 28 Februarie 2022 getroud is en vir vanjaar se SARIE Bruidspaar van die Jaar-wedstryd ingeskryf het, om te hoor wie met hierdie gesogte titel gaan wegstap. Uiteindelik kan ons vanjaar se top-5-finaliste aankondig!
Baie geluk aan elke finalis – om deel van die top-5 te wees uit meer as 500 inskrywings wil vir seker gedoen wees.
- Die wenpaar word op 1 Julie in SARIE se Julie/Augustus 2022-uitgawe aangekondig, waarin hulle trou-album sal verskyn.
Misha Christie & Heinrich van Blommestein
(Pretoria, Gauteng)
Fotograaf: RDK Photography
Esna & Jürgen Mätschke
(Hoedspruit, Limpopo)
Fotograaf: Coetzer Cooke
Wiesie & Merts Swanepoel
(Lydenburg, Mpumalanga)
Fotograaf: Michelle Bekker
Esther & Johan Toerien
(Kroonstad, Vrystaat)
Fotograaf: Stephanie Veldman
Rianie & Matthew May
(Gansbaai, Wes-Kaap)
Fotograaf: Ever Ever Photograhy
Wat wen hulle?
’n Romantiese wegbreek na The Palace of the Lost City.
Ons Bruidspaar van die Jaar-paartjie en die ander 4 finaliste wen ’n wegbreek van twee nagte by Sun International se The Palace of the Lost City in Sun City ter waarde van R24 00 per paartjie. Die prys sluit in:
- Verblyf in ’n Superior Luxury-kamer vir twee nagte.
- Ontbyt vir twee by The Palace Crystal Court.
- Toegang tot enige Mankwe Gametrackers-aktiwiteit ter waarde van R1 590 per paartjie. Kies uit vierwielmotorfietsry en boogskiet tot geskeduleerde wildritte.
* Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en geldig van ’n Sondag tot ’n Donderdag.
- Op soek na die trourok en diensverskaffers wat jou troudrome kan waar maak? Gaan maak 'n draai op SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste! Wie weet, die rok en verskaffers van jou drome, wag dalk net om die draai!