Deel

Trourok-trend: Skouerlose trourokke

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash
Dié halslyn-styl is tydloos en klassiek vir jou trourok en veral ’n gunsteling onder koninklike bruide.

In die modewêreld is skouerlose halslyne – waar die moue van jou rok of hemp van jou skouers afhang – ’n reuse trend. Ook vir bruide!

Dié halslyn-styl is tydloos en klassiek vir jou trourok en veral ’n gunsteling onder koninklike bruide. Dis ’n elegante, dog sexy manier om jou bolyf en skouers te beklemtoon. Die styl laat ook jou nek langer voorkom en raam jou gesig.

Die beste deel is dat dié halslyn ook vleiend is vir alle figure en pas by enige rokvorm – van ’n meerminstyl tot ’n slooprok of balrok.

Oorweeg jy ’n skouerlose rok vir jou mooiste dag? Hiér is ons gunstelinge in SARIE se virtuele troukas.

Meermin-styl trourok deur Didi Couture

FOTO: Nikki Meyer

Trourok deur Rebecca Ingram

FOTO: Anne Grace Photography

Satyn-trourok deur Vonve Bridal Couture

FOTO: Dyallan Knoxx

Trourok deur Elbeth Gillis

FOTO: Dune Kahlau

Wenk!
As jy ’n skouerlose neklyn dra, kies minimalistiese bykomstighede en dra jou hare in ’n opstyl om die fokus op jou nek en skouers te hou. ’n Effens deurmekaar chignon en fyn oorbelle is perfek.

Uitklokrok deur Milla Nova

FOTO: Verskaf

Trourok deur Janita Toerien

FOTO: Stroopsoet

A-lyn rok deur Calegra Bridal

FOTO: Verskaf

Satyn-trourok deur Alleria Belle

FOTO: Michelle Kuzinski

Wenk!
As jy bekommerd is dat jou borste nie genoeg ondersteuning gaan hê nie, is ’n skouerlose illusie-neklyn ideaal.

Trourok deur Aleena Lena

FOTO: ReLife Photography

Romantiese uitklokrok

FOTO: Rhona Klopper

Onthou!
Besoek SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste vir nóg trou-inspirasie!

JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees