Voorbladgesig Yolani trou in die Boland tussen rose

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios
Haar sprankelende oë, sonskyn-persoonlikheid en pragtige krulle was net van die elemente wat gesorg het vir ’n onthou-voorblad. En nou het Yolani Abrahams, SARIE se 2017 Voorbladgesigwenner, in die Boland getrou. Sy deel haar sprokiesdag spesiaal met SARIE.com.
FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

Hul liefde het oor die grense van geloof gestrek. En op 23 Oktober het Yolani Abrahams en Anwar Abdullatief, twee sjefs en kosliefhebbers, ewige trou aan mekaar beloof. 

Die sprokiesdag het voor 56 ooggetuies afgespeel op Langkloof Roses, ’n roosplaas net buite Wellington. En elke aspek van die troue het die paartjie se liefde gevier.

FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

Vir die bruidspaar was dit belangrik om albei se gelowe te vier en te respekteer. Daarom was daar twee seremonies: Nikah, ’n tradisionele Moslem-troue, en ’n Westerse troue. 

“Ek en Anwar respekteer mekaar so baie,” vertel Yolani, wat in 2017 as een van SARIE se Voorbladgesig-wenner aangewys is. “Ek dink dit is een van die redes hoekom ons so mal is oor mekaar … Ons het net besluit dis wie ek is en dis wie hy is. En ons is lief vir mekaar, soos wat ons is.” 

Die gelukkige paartjie saam met Yolani se ouers, Trevor en Maggie. FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

Maar Yolani-hulle het dit nie net vir mekaar gedoen nie, maar ook vir hul ouers.

“Hulle het ons grootgemaak, hulle was daar vir ons gewees,” verduidelik sy.

Vir Yolani is ’n troue nie net die viering van ’n nuwe begin nie, maar ook vir familie. “Dis ’n groot dankie vir ons ouers ook. Dis nie maklik vir enige ouer as hul dogter of seun trou met ’n ander geloof nie … dis iets om by aan te pas. My pa [Trevor] en ma [Maggie] is baie lief vir Anwar. En sy moedertjie [Gadija] is baie lief vir my.”

FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

Anwar, wat ook die uitvoerende sjef is van die Kaapse restaurant SIBA, beaam dit.

“Dit was ’n [betoon van] respek vir mekaar en waar ons vandaan kom. Ons het geen keuse gehad as om albei gelowe en kulture te betrek nie,” voeg hy by.

Die pragtige bruid het vir elke sermonie ’n unieke trourok gehad.

Die ontwerpershuis SarahC was verantwoordelik vir Yolani se tradisionele Moslem-trourok, wat indrukwekkende kralemotief op die moue en onderkant bevat het. “Dit was so gemaklik en ek is mal oor die effe pofmoue,” het Yolani verklap.

Yolani het twee trourokke gehad. Hier straal sy in haar SarahC-skepping, wat vir die Nikah-seremonie gedra is. FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

Sy het ’n Enzoani-trourok vir die Westerse seremonie gedra. Die rok het ’n detail van kant op die moue, ooprug en onderkant gehad. “Dit het my weerspieël en waarvan ek baie hou. Beide rokke, met die eerste aanpas, het ek gevoel dis die rokke vir my.”

FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

Haar en pa Trevor se instapliedjie was ’n instrument-weergawe van Christina Perri se “A Thousand Years”. “Die liedjie se woorde is vir my so mooi. Ek hou baie van die instrumental weergawe … dit gee jou hoendervel en is ’n tranetrekker. Dis dramaties, maar ook sag en mooi.” 

Die dekor was ’n visuele fees met elemente van eenvoud en ’n tikkie drama. Kerse, blomme in verskillende blompotte en kleure van oranje, rooi, koring en roomwit het die prentjie van die langtafels mooi afgerond.

Pa Trevor Abrahams skud sy skoonseun, Anwar, se hand voor die kansel. FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

Die bruidegom was verantwoordelik vir die kos. Ja, jy lees reg! Anwar, wat die spyserniering-maatskappy The Happy Uncles besit, het saam met sy sjef-vriend, Germaine Esau, ’n ongelooflike aansit-ete voorberei. Geregte op die spyskaart het ’n Weskus-kreefstert toegedraai in aartappels, lam-krokette (kromeskis) en ’n oestafel vol varsgebakte brode, konfyte en kase ingesluit.

FOTO Petronella Studios

Die aand voor die troue was Anwar en Germaine nog doenig in die kombuis. Gelukkig het Anwar op sy troudag nie ’n voorskoot gedra nie, skerts Yolani. Germaine het gesorg dat die viergang-maaltyd al die tafels bereik.

FOTO Petronella Studios
Die gaste was bederf met ’n viergang-maaltyd. FOTO Petronella Studios
Anwar en sy spyseniering-maatskappy The Happy Uncles het gesorg vir die heerlike kos. FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

“Ek en Anwar hou van lekker eet. Ons wou ons gaste bederf met ’n heerlike en interessante spyskaart. Dit wys ook wie ons is: Ons hou van kos mooimaak, maar dit moet ook lekker proe,” verklap Mev. Abdullatief.

Yolani, wat die mede-eienaar is van die restaurant Kole & Deeg, het besluit om agteroor te sit as dit kom by die dag se fyngebak. “Ek het vir ’n uitstekende patisseriesjef Carmen Eksteen gevra om die troukoek te bak en Villamar, ’n oulike koffiewinkel en bakkery, het gesorg vir die makrolletjies.”

FOTO Petronella Studios
FOTO Verskaf

Die troukoek was ’n fees van geure wat uit twee vlakke bestaan het. Die eerste vlak was ’n vanieljekoek met lae van witsjokolade ganache en suurlemoensmeer (lemon curd). Die tweede vlak het bestaan uit ’n suurlemoen-en-papawersaad-koek met ’n heerlike roomkaas-vulsel. 

FOTO Petronella Studios
Gaste het aan die heerlikste troukoek gesmul. FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

Yolani en haar pa het die dansvloer geopen met ’n wals op Michael Bublé se “At This Moment”. “Anwar is nie regtig ’n danser nie,” skerts sy.

Pa Trevor het halfpad in die liedjie sy dogter se hand oorgegee vir Anwar, waar die bruidspaar toe verder gedans het.

Die paartjie, wat deesdae in Milnerton woon, het baie oor die liefde by mekaar geleer.

Speelse oomblik op die venue Langkloof Roses buite Wellington. FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

“Die een ding wat ek by Yolani oor die liefde geleer het, is dat kommunikasie een van die belangrikste dinge is. Sy is altyd kalm, sy verloor selde haar humeur. Bly altyd kalm en kommunikeer. Liefde is sterker as wat ons dink,” sê Anwar.

En wat het ons voorbladnooi by manlief geleer? “Jy moet jouself ook liefhê, soos jy jou maat liefhet. Hy het my baie gehelp met selfvertroue en om in myself te glo. Vandag nog sal hy vir my sê dat ek nie in myself moet twyfel nie, maar eerder vir my doelwitte en drome gaan.”

FOTO Petronella Studios
FOTO Petronella Studios

VERSKAFFERS

FOTOGRAAF Petronella Studios

SPYSENIERING The Happy Uncles

TROUKOEK Carmen Eksteen

MAKROLLETJIES Villamar

VENUE Langkloof Roses, Wellington

TROUROKKE SarahC en Enzoani by Brides of Somerset

GRIMERING Andrea van den Houten 

FOTO Petronella Studios
Die bruidegom maak reg vir die sprokiesdag. FOTO Petronella Studios

FOTO Petronella Studios

* Wil jy Anwar se The Happy Uncles bespreek vir jou volgende funksie? Kontak hom by 072 595 2142.

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees