VBG se Schané oor haar beste Desember nóg

akkreditasie
FOTO Instagram / Schané Venter
FOTO Instagram / Schané Venter

Vanjaar is Schané Venter van Alberton as SARIE se 11de voorbladgesigwenner aangekondig. Met haar pragtige bruin hare wat lyk asof dit in goud gedoop is, groen oë en pragtige vel het sy lesers bekoor. Boonop beklee sy die rol van logistieke bestuurder van Mej. Suid-Afrika.

Desember was ’n absolute hoogtepunt. Schané was in die gehoor in Atlanta, VSA, toe Zozibini Tunzi as Mej. Heelal gekroon is. Sy het in ’n onlangse onderhoud aan SARIE.com gesê dat sy dié oomblik nooit sal vergeet nie. “Die heelal was gereed vir ’n wenner soos Zozi,” sê Schané.

Die nuus was skaars aan die wêreld bekend, toe moes Schané na Londen toe vlieg om Sasha-Lee Olivier by vanjaar se Mej. Wêreld te gaan ondersteun. Darem kon sy dié gedeelte van die werksreis met vakansie kombineer. “My verloofde het by my aangesluit en ons het 7 dae saam in Londen spandeer, dit was ongelooflik lekker.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees